253
21st November

2010 ~ Kersboodskap Komiteelede

Beste Vriende,

Dit is ‘n voorreg vir my om die komiteelede en vrywilligers namens die raad van Direkteure, Personeel van die Kankervereniging van Namibië en die kankerlyers in Namibië te bedank vir die wonderlike ondersteuning van ons projekte en fondsinsamelings veldtogte.

Die Kankervereniging van Namibië behoort aan julle (ons het net 8 personeellede in diens) waarvan 3 by Huis Acacia werksaam is – Dit is onmoontlik om met net 5 personeellede die land te ondersteun, maar ons kry dit reg a.g.v die aanhoudende ondersteuning van vriende soos julle. Ek wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om vir al ons vrywilligers baie, baie dankie te sê vir julle onbaatsugtige diens aan kankerlyers en die Kankervereniging. Sonder die bystand van die publiek kan ons nie kanker beveg nie.

Namibië, wat deel vorm van die groep “ontwikkelende lande”, is in die ongelukkige posisie dat kanker steeds toeneem.

Daar is verskillende redes daarvoor:

30% van kankers word veroorsaak deur rook.
30% van kankers word veroorsaak deur lewenstyl probleme

 Te veel son
 Oorgewig
 Onfiks
 Alkohol misbruik
 Spanning
 Verkeerde eetgewoontes

As ons ons leefstyl kan aanpas is daar ‘n moontlikheid om plus minus 30% van kankers te voorkom.

Vriende, bogenoemde faktore is in ons hande – ons kan probeer om aanpassings te maak en kanker te voorkom. Versprei asseblief hierdie boodskap namens die Kankervereniging van Namibië.

Ons werk sal nooit klaar maak nie, maar mag die verskil wat julle maak in kankerlyers se lewe, sin gee aan julle lewens.

Ons Kerswense is:

Dat julle eendag sal terugdink en weet… ons is intens dankbaar vir elkeen van julle wat kanker julle roeping gemaak het, Julle inspirasie sal vind in hierdie tyd om ons groot taak volgende jaar voort te sit met hernude ywer en lewenslus.

Met baie liefde en seënwense

Reinette Koegelenberg, Sister Nellie Coetzee, Magda Schlechter, Loritha Visser, Estelle Viljoen, Maggy Kotze, Anna Afrikaner & Maria Kwere¬

Google Stumbleupon Twitter Reddit

blog comments powered by Disqus